PSALMS 31:15-16
PSALMS 31:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Maar ek? Here, ek glo in U. Ek sê: U is my God. Dit is U wat besluit wat elke dag met my moet gebeur, U moet my red van my vyande, die mense wat my volg en jaag.
Deel
Lees PSALMS 31PSALMS 31:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God. My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
Deel
Lees PSALMS 31PSALMS 31:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!
Deel
Lees PSALMS 31PSALMS 31:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar ek, op U, HERE vertrou ek. Ek sê: “U is my God, my tye is in u hand.” Red my uit die hand van my vyande, van hulle wat my agtervolg.
Deel
Lees PSALMS 31PSALMS 31:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My tye is in U hand: red my uit die hand van my vyande en van die wat my vervolg. Laat U aangesig skyn oor U kneg; verlos my ter wille van U barmhartighede.
Deel
Lees PSALMS 31