PSALMS 40:5-6
PSALMS 40:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Dit gaan goed met 'n mens wat glo dat die Here hom sal help, 'n mens wat nie vra dat afgode hom moet help nie, dinge wat nie gode is nie. U, my God die Here, U het baie wonderwerke gedoen en U het baie dinge oor ons besluit. Niemand is soos U nie. As ek wil vertel wat U gedoen het en daaroor wil praat, dan is alles te veel om te tel.
PSALMS 40:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie. Groot dinge het U gedoen, HERE my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
PSALMS 40:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot duister magte en tot mense wat hulle met skyngode ophou nie. Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.
PSALMS 40:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gelukkig is die mens wat sy vertroue in die HERE stel, en hom nie wend tot hoogmoediges en dié wat hulle toevlug neem tot leuens nie. So baie het U, HERE my God, gedoen – u wonders en wat U vir ons beplan het. Niemand kan met U vergelyk word nie. Ek wil dit graag bekend maak, en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.
PSALMS 40:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Baie, HERE my God, is u wonderwerke wat U gedoen het, en u gedagtes wat tot ons gerig is; dit kan nie vir U gereken word nie; genommer word. Slagoffer en spysoffer het jy nie begeer nie; my ore het jy oopgemaak; brandoffer en sondoffer het jy nie geëis nie.
PSALMS 40:5-6 Die Boodskap (DB)
Dit gaan goed met elkeen wat op die Here vertrou. So iemand gaan vra nie hulp by mense wat dink hulle is beter as ander of by mense wat van leuens lewe nie. Here, my God, U het wonderlike dinge gedoen. U gee vir ons om. U is heeltemal anders as mense. Daar is niemand soos U nie. Ek het nie genoeg woorde om alles op te noem wat U gedoen het nie. Dit is te veel vir woorde.
PSALMS 40:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Geseënd is die mens wat op die HERE vertrou, wat hom nie wend na hooghartiges, of vertrou op vals gode nie. HERE my God, U het baie wonders gedoen. U planne vir ons kan met niks vergelyk word nie. As ek van al u wonderdade wil vertel, is dit te veel om op te noem.