PSALMS 44:24-25
PSALMS 44:24-25 Bybel vir almal (ABA)
Here, U moet iets doen, hoekom slaap U? U moet wakker word, U moenie vir ons weggooi vir altyd nie. Hoekom kyk U weg? Hoekom maak U of U nie weet dat ons swaarkry en dat mense ons verdruk nie?
PSALMS 44:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie! Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?
PSALMS 44:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom ons te hulp! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Moet ons nie vir altyd verstoot nie! Waarom draai U u rug vir ons? Waarom steur U U nie aan ons ellende en smaad nie?
PSALMS 44:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Word wakker! Waarom slaap U, my Heer? Staan op! Moet ons nie vir altyd verstoot nie. Waarom verberg U u gesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?
PSALMS 44:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarom verberg U u aangesig en vergeet U ons ellende en ons verdrukking? Want ons siel is neergebuig in die stof, ons buik kleef aan die aarde.