PSALMS 5:12
PSALMS 5:12 Die Boodskap (DB)
Maar laat almal wat by U kom wegkruip, vol vreugde wees! Laat hulle sing van blydskap. Beskerm hulle! Hulle is bly oor U, want hulle is vir U lief.
Deel
Lees PSALMS 5PSALMS 5:12 Bybel vir almal (ABA)
Maar U moet die mense bly maak, die mense wat vra dat U hulle moet beskerm, U moet hulle altyd laat juig en U moet hulle beskerm. U moet die mense vrolik laat wees, die mense wat lief is vir u Naam.
Deel
Lees PSALMS 5PSALMS 5:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.
Deel
Lees PSALMS 5PSALMS 5:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U.
Deel
Lees PSALMS 5PSALMS 5:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar laat almal wat by U skuil, bly wees; laat hulle vir altyd juig en sprei U beskerming oor hulle uit. Laat dié wat u Naam liefhet, oor U jubel.
Deel
Lees PSALMS 5