PSALMS 5:8
PSALMS 5:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar ék mag op grond van u oorvloedige troue liefde na u huis kom; uit ontsag vir U buig ek in aanbidding na u •heilige •tempel.
Deel
Lees PSALMS 5PSALMS 5:8 Die Boodskap (DB)
U sal my toelaat om naby U te kom, want ek wil U aanbid. Omdat U u kinders baie liefhet, mag ek na U toe kom. Uit eerbied mag ek voor U neerkniel.
Deel
Lees PSALMS 5PSALMS 5:8 Bybel vir almal (ABA)
Maar ek mag in u tempel kom, want U is baie genadig. Ek sal by u gewyde tempel laag voor U buig om U te eer.
Deel
Lees PSALMS 5PSALMS 5:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.
Deel
Lees PSALMS 5PSALMS 5:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar ek, ek mag deur u groot liefde in u huis ingaan en in u heilige tempel buig met die eerbied wat aan U verskuldig is.
Deel
Lees PSALMS 5