Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 50:3-4 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 50:3-4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ons God kom, Hy bly nie stil nie. Voor Hom uit brand 'n vuur, rondom Hom woed 'n storm. Hy roep die hemel en die aarde op vir die saak teen sy volk

PSALMS 50:3-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig. Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel

PSALMS 50:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ons God kom nader, maar nie in stilte nie: Voor Hom verteer ’n vuur en rondom Hom woed ’n storm. Hy roep die hemel en die aarde om sy getuies te wees wanneer Hy regspreek oor sy volk

PSALMS 50:3-4 DB (Die Boodskap)

Ons God kom. Hy bly nie stil nie. Dit is of ’n storm rondom Hom losbreek en ’n vuur alles voor Hom wegbrand. Hy roep almal in die hemel en op aarde nader om te hoor wat Hy van sy volk gaan sê. Hy gaan sy volk oordeel.

PSALMS 50:3-4 ABA (Bybel vir almal)

Ons God kom, Hy bly nie stil nie, 'n vuur brand voor Hom, en daar is 'n groot storm rondom Hom. Hy roep na die hemel daarbo en na die aarde, Hy wil sy volk oordeel.

PSALMS 50:3-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ons God kom en Hy gaan nie stilbly nie; voor Hom brand 'n verterende vuur, rondom Hom woed 'n geweldige storm. Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel

PSALMS 50:3-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ons God sal kom en nie swyg nie: 'n vuur sal voor Hom verteer, en rondom Hom sal dit baie onstuimig wees. Hy sal na die hemele roep van bo en na die aarde om sy volk te oordeel.