Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 51:6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 51:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig.

PSALMS 51:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.

PSALMS 51:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Teen U, U alleen, het ek gesondig; ek het gedoen wat vir U verkeerd is. Daarom is u uitspraak reg en u oordeel regverdig.

PSALMS 51:6 DB (Die Boodskap)

Ek was baie ongehoorsaam aan U, en dit teenoor U alleen. Maar U sal reg optree as U oor my lewe moet besluit. U sal nie die verkeerde ding doen nie.

PSALMS 51:6 ABA (Bybel vir almal)

Ek het sonde gedoen teen U, net teen U, ek het dinge gedoen waarvan U nie hou nie. Daarom was U reg toe U gesê het dat ek skuldig is, U het nie 'n fout gemaak toe U my ge-oordeel het nie.

PSALMS 51:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Teen U, teen U alleen, het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U gelyk sal hê as U uitspraak lewer, volkome reg wanneer U oordeel.

PSALMS 51:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Kyk, U begeer waarheid in die binneste, en in die verborge sal U my wysheid leer ken.