PSALMS 72:17 - Compare All Versions

PSALMS 72:17 ABA (Bybel vir almal)

Mense moet die koning altyd onthou, hulle moet sy naam onthou so lank soos daar 'n son is. Al die volke moet weet en sê dat dit goed gaan met hulle omdat die koning daar is, en hulle moet bid dat hy gelukkig sal wees.

PSALMS 72:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseën word, hom gelukkig prys!

PSALMS 72:17 AFR83 (Afrikaans 1983)

Mag die koning se naam altyd onthou word, mag sy roem duur so lank as die son daar is, sodat al die nasies hulle in sy regering verlustig en hom prys!

PSALMS 72:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Mag sy roem vir altyd duur, sy naam voortleef solank die son bestaan. Mense sal wens dat hulle so geseënd is soos hy; al die nasies sal hom gelukkig noem.

PSALMS 72:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Sy Naam sal tot in ewigheid bestaan; sy Naam sal geduur word solank as die son, en mense sal in hom geseën word; al die nasies sal hom geseënd noem.

PSALMS 72:17 DB (Die Boodskap)

Mag hulle hom vir altyd onthou. Mag hulle nog baie lank praat oor hoe ’n goeie koning hy was. Mag al die nasies mooi dinge oor hom sê en bly wees omdat hy koning was.

PSALMS 72:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Mag die koning se naam altyd onthou word en nooit vergeet word so lank as die son daar is nie. Mag al die nasies deur hom geseën word en al die nasies hom geseënd noem.