PSALMS 73:23-26
PSALMS 73:23-26 Bybel vir almal (ABA)
Maar ek is altyd by U, U hou my hand vas. U leer vir my wat om te doen en U lei my, en eendag sal U my na U toe neem, U wat Koning is. Ek behoort aan U, en daar is niks anders wat ek wil hê in die hemel of op die aarde nie. Wanneer my liggaam en my gees swak is, dan is dit U, o God, wat my Rots is, U wat alles is wat ek wil hê.
PSALMS 73:23-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat. U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem. Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie. Al beswyk my vlees en my hart — God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
PSALMS 73:23-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand. U lei my met u raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem. Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.
PSALMS 73:23-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En tog was ek altyd by U; U het my regterhand vasgehou. Deur die raad wat U gee, lei U my, en daarna neem U my eervol weg. Wie is daar vir my in die hemel? As ek by U is, begeer ek niks op aarde nie. My liggaam en my hart kan maar wegkwyn, God is die rots van my hart en my erfdeel vir altyd.
PSALMS 73:23-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ek is altyddeur by jou; jy het my aan my regterhand vasgehou. U sal my lei met u raad en my daarna tot heerlikheid ontvang. Wie het ek in die hemel behalwe U? en daar is niemand op aarde wat ek begeer buiten jou nie. My vlees en my hart beswyk, maar God is die sterkte van my hart en my deel tot in ewigheid.
PSALMS 73:23-26 Die Boodskap (DB)
Gelukkig het U my toe nie alleen gelos nie. U het my nog nooit alleen gelos nie. U hou my hand elke dag vas. U sal my op die pad lei waarop U wil hê ek moet loop. Later sal U ook vir my ’n plek daar by U gee. Here, daar is niemand so belangrik soos U in die hemel nie, ook nie hier op aarde nie. U is my hele lewe. Ek wil niks anders as U hê nie. Al gee my kragte in en al sit ek op moedverloor se vlakte: U, God, is steeds my krag. U is die Rots by wie ek altyd wegkruip. Ek behoort aan U vir altyd.
PSALMS 73:23-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. Wie het ek in die hemel behalwe U? Ook op aarde soek ek net vir U. My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd.