Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 78:38 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 78:38 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar Hy is genadig, Hy vergewe sonde, Hy wis sy volk nie uit nie. Dikwels het Hy sy toorn bedwing en sy gramskap nie laat losbreek nie.

PSALMS 78:38 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.

PSALMS 78:38 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Tog was Hy genadig en het hulle sondes vergewe en nie hulle almal vernietig nie. Dikwels het Hy sy toorn teruggehou en sy woede nie losgelaat nie.

PSALMS 78:38 DB (Die Boodskap)

Gelukkig kry God mense jammer, Hy dink nie vir altyd aan hulle sondes nie; Hy sit nie net reg om te straf nie. Keer op keer vat God die straf weg wat Hy op mense wil loslaat, Hy hou gou op om vir mense kwaad te wees.

PSALMS 78:38 ABA (Bybel vir almal)

En God? Hy was genadig, Hy het hulle sonde vergewe, Hy het hulle nie almal laat sterf nie. Hy het baie maal weer goed geword vir hulle, Hy het nie vir hulle kwaad gebly nie.

PSALMS 78:38 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar Hy is barmhartig; Hy bedek hulle sondeskuld; Hy delg hulle nie uit nie. Hy hou dikwels sy toorn terug en laat nie sy woede ten volle ontwaak nie.

PSALMS 78:38 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar Hy, wat vol medelye was, het hulle ongeregtigheid vergewe en hulle nie vernietig nie