PSALMS 8:6
PSALMS 8:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U het hom net minder as 'n hemelse wese gemaak; U het hom met eer en majesteit gekroon.
Deel
Lees PSALMS 8PSALMS 8:6 Die Boodskap (DB)
U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is; U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde.
Deel
Lees PSALMS 8PSALMS 8:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer.
Deel
Lees PSALMS 8PSALMS 8:6 Bybel vir almal (ABA)
U het die mens amper soos 'n engel gemaak, U het vir hom eer gegee en U het hom belangrik gemaak.
Deel
Lees PSALMS 8PSALMS 8:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
Deel
Lees PSALMS 8