PSALMS 85:7-8
PSALMS 85:7-8 Bybel vir almal (ABA)
U moet ons weer laat lewe, sodat ons, u volk, bly kan wees omdat ons aan U behoort. Here, U moet vir ons wys dat U doen wat U belowe het, U moet ons weer red.
PSALMS 85:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sal Ú ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie? Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!
PSALMS 85:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat u volk hulle vreugde in U kan vind nie? Laat ons u troue liefde belewe, skenk ons u reddende hulp, Here.
PSALMS 85:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U, wil U ons nie maar weer lewend maak, sodat u volk hulle in U kan verheug nie? HERE, laat ons weer u troue liefde ervaar, u verlossing – skenk dit aan ons!
PSALMS 85:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toon ons U goedertierenheid, HERE, en skenk ons U heil. Ek sal hoor wat God die HERE sal spreek, want Hy sal vrede spreek tot sy volk en tot sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie.