PSALMS 86:15-16
PSALMS 86:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Maar U, my Here, is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry en U is genadig. U is baie geduldig en U doen altyd wat U belowe het, U bly dieselfde. U moet na my kyk en U moet genadig wees vir my, U moet my sterk maak en my red. Ek behoort aan U vandat ek gebore is.
PSALMS 86:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou. Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.
PSALMS 86:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Sien my, u dienaar van my geboorte af, in genade aan, gee U my tog krag en red my.
PSALMS 86:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar U, my Heer, U is 'n barmhartige en genadige God, geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid. Draai na my en wees my genadig; gee u krag aan u dienskneg, en verlos die seun van u diensmeisie.
PSALMS 86:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar U, HERE, is 'n God vol medelye en genadig, lankmoedig en groot van goedertierenheid en waarheid. Bekeer julle tot my en wees my genadig; gee U krag aan U kneg en verlos die seun van U slavin.
PSALMS 86:15-16 Die Boodskap (DB)
Here, U het ’n sagte hart. U gee maklik goeie dinge aan ons. En U het baie geduld met ons. U is vol goedheid. U het almal baie lief wat aan U behoort. En U is getrou aan hulle. Help my, Here! Maak u hart vir my oop. Gee my krag. Red my. Ek dien U mos. Ek is deel van ’n familie wat U dien.