PSALMS 89:48 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 89:48 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dink tog daaraan hoe kort die lewe is, hoe min daar in die lewe is vir al die mense wat deur U geskep is.

PSALMS 89:48 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!

PSALMS 89:48 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dink tog hoe verganklik is die lewe. Is die skepping van die mens dan ’n nuttelose daad?

PSALMS 89:48 DB (Die Boodskap)

Onthou, die lewe van die mense wat U gemaak het, is maar kort. Ons is almal mense wat doodgaan.

PSALMS 89:48 ABA (Bybel vir almal)

U moet onthou dat my lewe kort is. U het al die mense so gemaak dat hulle maklik sterf.

PSALMS 89:48 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dink daaraan – wat is my lewensduur? Om watter sinlose rede het U alle mensekinders geskape?

PSALMS 89:48 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Watter mens is dit wat lewe en die dood nie sal sien nie? Sal hy sy siel uit die hand van die doderyk red? Sela.