PSALMS 91:9-10
PSALMS 91:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Jy het vir die Here gevra om jou te beskerm, jy glo dat jy veilig sal wees by die Hoogste God, daarom sal daar niks wat sleg is, met jou gebeur nie, en daar sal nooit siekte naby jou tent kom nie.
PSALMS 91:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie
PSALMS 91:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
PSALMS 91:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, U, HERE, is my skuilplek. Die Allerhoogste het jy jou woning gemaak: Onheil sal jou nie oorval nie en 'n plaag sal nie naby jou tent kom nie
PSALMS 91:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat jy die HERE, wat my toevlug is, die Allerhoogste, jou woning gemaak het; Geen onheil sal jou tref nie, en geen plaag sal naby jou woning kom nie.