PSALMS 94:18-19
PSALMS 94:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gedink my voete gly, maar U het gedoen wat U belowe het, U het my regop gehou. Ek was baie bekommerd, maar U het dinge vir my verander en U het my bly laat word.
PSALMS 94:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As ek dink: My voet wankel — dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE! As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
PSALMS 94:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.
PSALMS 94:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ek dink my voet gaan swik, dan ondersteun u troue liefde my, HERE. Wanneer ontstellende gedagtes meer word in my binneste, dan beur u vertroosting my op.
PSALMS 94:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Ek sê: My voet gly; U goedertierenheid, o HERE, het my opgehou. In die veelheid van my gedagtes in my verlustig U vertroostinge my siel.
PSALMS 94:18-19 Die Boodskap (DB)
Wanneer my probleme my onderkry, het U my elke keer gehelp, Here. U sorg vir u kinders met u liefde! As ek bekommerd begin word, dan dink ek maar net daaraan dat U vir my sorg. Dan word ek weer rustig.