DIE OPENBARING 1:3
DIE OPENBARING 1:3 Bybel vir almal (ABA)
In hierdie boek is die dinge geskryf wat later sal gebeur. Elkeen wat hierdie boek lees, is 'n gelukkige mens! En almal wat die dinge hoor en wat doen wat in hierdie boek geskryf is, is gelukkige mense! Want die tyd wanneer Christus weer kom, is naby!
DIE OPENBARING 1:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
DIE OPENBARING 1:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.
DIE OPENBARING 1:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gelukkig is die een wat dit voorlees, en ook hulle wat die woorde van dié profesie hoor, en vashou aan dit wat daarin geskryf staan, want die bestemde tyd is naby.
DIE OPENBARING 1:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geseënd is hy wat die woorde van hierdie profesie lees en die wat die woorde van hierdie profesie hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.