DIE OPENBARING 11:18
DIE OPENBARING 11:18 Bybel vir almal (ABA)
Die volke was kwaad, maar nou het U kwaad geword! Ja, dit is nou die tyd wanneer U die mense moet oordeel, die mense wat gesterf het. Dit is nou die tyd wanneer U die profete moet beloon, die profete wat vir U gedien het. Dit is nou die tyd wanneer U almal moet beloon, almal wat aan U behoort, almal wat vir U respekteer, grootmense en kinders. Dit is nou die tyd wanneer U die mense moet doodmaak wat die aarde verwoes.”
DIE OPENBARING 11:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.
DIE OPENBARING 11:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die nasies was woedend, maar nou het die tyd vir u oordeel gekom. Die eindtyd het aangebreek: die dooies word geoordeel; aan u dienaars, die profete, en aan die gelowiges, dié wat U vrees, klein en groot, word hulle loon gegee; en dié wat die aarde vernietig, word vernietig.”
DIE OPENBARING 11:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die nasies was woedend, maar u toorn het ontvlam, en die bestemde tyd het aangebreek om u oordeel oor die dooies te vel, en om u diensknegte, die profete, en die •heiliges, en hulle wat ontsag het vir u Naam, klein en groot, te beloon, en om die vernietigers van die aarde te vernietig.”
DIE OPENBARING 11:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die nasies was toornig, en u toorn het gekom en die tyd van die dode, dat hulle geoordeel sou word, en dat U loon sou gee aan u dienaars, die profete, en aan die heiliges en die wat u Naam vrees, klein en groot; en die wat die aarde verwoes, moet vernietig.
DIE OPENBARING 11:18 Die Boodskap (DB)
“Mense wat U nie dien nie probeer uit woede teen U wal gooi. Dit is tevergeefs, want U gaan hulle hulle verdiende straf gee. Die tyd het gekom om almal wat al dood is deur God se oordeel te laat toets. Ja, die tyd vir God se groot prysuitdeling is op hande: die mense wat Hom getrou gedien het, sal Hy beloon. Sy boodskappers en al die ander mense wat aan Hom behoort, sal nie oorgesien word nie. “Of iemand nou belangrik of onbelangrik is, as hy God as God erken en gerespekteer het, nooi God hom na sy prysuitdeling uit. “Die tyd is ook daar dat God die mense sal vernietig wat in hulle eie lewe net ’n pad van vernietiging agtergelaat het.”
DIE OPENBARING 11:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die nasies het baie kwaad geword, maar nou het die tyd van u oordeel aangebreek om dié wat dood is, te oordeel; om u diensknegte, die profete, te beloon en dié wat aan God toegewy is, en dié wat ontsag het vir u Naam, klein en groot, en dié wat die aarde vernietig, óók te vernietig.”