DIE OPENBARING 13:10
DIE OPENBARING 13:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat in ballingskap lei, sal in ballingskap gaan; wie met die swaard doodslaan, moet met die swaard gedood word. Hier is die geduld en die geloof van die heiliges.
DIE OPENBARING 13:10 Bybel vir almal (ABA)
As God besluit het jy moet tronk toe gaan, dan sál jy tronk toe gaan. As God besluit het mense sal jou met 'n swaard doodmaak, dan sál hulle jou met 'n swaard doodmaak. Ja, die mense wat aan God behoort, moet geduldig wees wanneer hulle swaarkry, hulle moet aanhou glo!
DIE OPENBARING 13:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.
DIE OPENBARING 13:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand bestem is vir gevangenskap, gaan hy in gevangenskap; as iemand bestem is om met 'n swaard doodgemaak te word, word hy met 'n swaard doodgemaak. Hier het die gelowiges volharding en geloof nodig.
DIE OPENBARING 13:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand bestem is vir gevangenskap, sal hy in gevangenskap gaan; as iemand bestem is om met 'n swaard doodgemaak te word, sal hy met 'n swaard doodgemaak word. Hiervoor het die heiliges volharding en geloof nodig.