DIE OPENBARING 13:11-12
DIE OPENBARING 13:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Toe sien ek 'n ander dier wat uit die aarde kom. Hy het twee horings gehad, dit was soos 'n lam se horings. Maar hy het gepraat soos 'n draak. En die dier uit die aarde het regeer in die plek van die eerste dier, die dier wat uit die see gekom het. Die dier uit die aarde het vir die mense op die aarde gesê hulle moet die eerste dier aanbid, die dier wat 'n groot seerplek gehad het en wat amper gesterf het, maar wat weer gesond geword het.
DIE OPENBARING 13:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN uit die aarde het ek 'n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak. En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
DIE OPENBARING 13:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek 'n ander dier gesien wat uit die aarde uit kom. Hy het twee horings gehad soos 'n lam s'n, maar hy het soos 'n draak gepraat. Hy oefen al die gesag van die eerste dier namens hom uit. Hy maak dat die aarde en die bewoners daarvan die eerste dier aanbid, dié een waarvan die dodelike wond genees het.
DIE OPENBARING 13:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het ek 'n ander dier uit die aarde sien opkom. Hy het twee horings gehad, net soos 'n lam, maar hy het soos 'n draak gepraat. Hy het met al die volmag van die eerste dier opgetree, en dit in sy teenwoordigheid gedoen. En hy laat die aarde en die bewoners daarvan die eerste dier aanbid, die een wat van sy dodelike wond genees is.
DIE OPENBARING 13:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het 'n ander dier uit die aarde sien opkom; en hy het twee horings gehad soos 'n lam, en hy het gepraat soos 'n draak. En hy oefen al die mag van die eerste dier voor hom uit en laat die aarde en die wat daarop woon die eerste dier aanbid, wie se dodelike wond genees is.
DIE OPENBARING 13:11-12 Die Boodskap (DB)
Ek het toe nog ’n dier gesien. Hy het uit die aarde opgekom. Hierdie dier het nie gevaarlik gelyk nie, net soos ’n lammetjie met twee horinkies. Toe die dier egter sy mond oopmaak om te praat, was dit die ene duiwel, van voor tot agter. Hierdie dier kon alles doen wat die eerste dier gedoen het. Hulle het saamgewerk. Die tweede dier het net een doel gehad: hy wou sorg dat al die mense op die aarde die eerste dier - dit is nou die een met die dodelike wond wat gesond geword het - soos ’n god aanbid.
DIE OPENBARING 13:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het ek ’n ander monster gesien wat uit die aarde opkom. Hy het twee horings gehad, net soos ’n lam, maar hy het gepraat soos ’n draak. Hy tree met al sy gesag namens die eerste monster op. En hy oorreed die aarde en al die bewoners daarvan om die eerste monster te aanbid, dit is dié een waarvan die dodelike wond gesond geword het.