DIE OPENBARING 13:16-17
DIE OPENBARING 13:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het ook almal, klein en groot, ryk en arm, vry mense en slawe, verplig om 'n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te laat aanbring, sodat niemand, behalwe dié met die merk van die naam van die dier of die getal van sy naam, sou kon koop of verkoop nie.
DIE OPENBARING 13:16-17 Die Boodskap (DB)
Niemand het dit vrygespring nie; of jy nou belangrik was of nie, ryk of arm; ja, letterlik niemand nie, nie eens die eenvoudigste werker of die belangrikste baas nie. Almal moes daardie merk dra. Niemand kon enigiets koop of selfs iets verkoop as hy nie die merk gehad het nie; dit wil sê, die naam van die dier of die kodenommer van sy naam.
DIE OPENBARING 13:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Die dier wat uit die aarde gekom het, het vir al die mense gesê hulle moet 'n merk op hulle regter-hand of 'n merk op hulle voorkop laat maak. Almal moes die merk kry, kinders en grootmense, ryk mense en arm mense, slawe en mense wat nie slawe is nie. Die dier het die merk vir mense gegee sodat niemand iets kon koop of verkoop as hy nie die merk het nie. Die merk is die naam van die dier uit die see of die nommer wat 'n mens van sy naam kan maak.
DIE OPENBARING 13:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
DIE OPENBARING 13:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy verplig al die mense, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om 'n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra en laat niemand toe om te koop of te verkoop nie, behalwe die mense wat die merk het. Die merk is die naam van die dier of die getal van sy naam.
DIE OPENBARING 13:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy laat almal, klein en groot, ryk en arm, vrymense en slawe, 'n merk op hulle regterhand of op hulle voorhoofde ontvang. En dat niemand mag koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
DIE OPENBARING 13:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy verplig al sy volgelinge, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om ’n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te kry. Dit word gedoen sodat niemand kan koop of verkoop sonder die merk van die naam van die monster, of die getal van sy naam nie.