DIE OPENBARING 2:2
DIE OPENBARING 2:2 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet alles wat jy doen. Ek weet jy werk hard vir My en jy is geduldig wanneer mense slegte dinge aan jou doen. Ek weet jy hou niks van slegte mense nie. Daar is mense by jou wat sê hulle is apostels, maar hulle is nie apostels nie. Jy het hulle getoets en uitgevind dat hulle vals is.
DIE OPENBARING 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het
DIE OPENBARING 2:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lankmoedigheid, en hoe jy die bose nie kan verdra nie; en jy het die wat sê dat hulle apostels is, en dit nie is, op die proef gestel en hulle leuenaars gevind.
DIE OPENBARING 2:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek ken jou handel en wandel. Ek het ook jou harde werk en volharding raakgesien, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie. Jy het ook navraag gedoen oor dié wat sê dat hulle apostels is, maar dit nie is nie. Jy het toe uitgevind dat hulle eintlik leuenaars is.
DIE OPENBARING 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle onvermoeide arbeid en julle volharding. Julle kan nie slegte mense verdra nie. Julle het ondersoek ingestel na die mense wat voorgee dat hulle apostels is, en dit nie is nie, en gevind dat hulle leuenaars is.
DIE OPENBARING 2:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Ek ken jou dade, jou inspanning en volharding, en weet dat jy slegte mense nie kan verdra nie. Daarom het jy daardie mense wat sê dat hulle •apostels is, maar nie is nie, getoets, en hulle as leuenaars uitgewys.
DIE OPENBARING 2:2 Die Boodskap (DB)
Ek weet wat julle doen. Ek sien hoe julle alles ter wille van die evangelie doen en weier om moed op te gee. Ek sien dat julle slegte mense nie voor julle oë kan verdra nie. Julle glo ook nie sommer enige Jan Rap en sy maat wat voorgee dat hy God se boodskap preek nie. Ek weet julle het al ’n klomp van hulle vasgetrek wat voorgegee het om “groot predikers” te wees, maar van die kansel af staan en lieg. Mooi so! Ek herhaal: Ek kyk julle sterk eienskappe nie mis nie.