DIE OPENBARING 21:7
DIE OPENBARING 21:7 Die Boodskap (DB)
Die persoon wat enduit as Christen volhou, sal soos ’n egte kind al hierdie dinge van My erf. Dit is my ooreenkoms. Ek sal vir hom God wees, en hy sal my kind wees.
DIE OPENBARING 21:7 Bybel vir almal (ABA)
As jy oorwin en aanhou glo, dan sal Ek vir jou baie goeie dinge gee. Ek sal jou God wees en jy sal my kind wees.
DIE OPENBARING 21:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees.
DIE OPENBARING 21:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.
DIE OPENBARING 21:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie oorwin, sal hierdie dinge beërf, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.