DIE OPENBARING 5:8
DIE OPENBARING 5:8 Bybel vir almal (ABA)
Toe die Lam die boekrol neem, het die vier diere en die 24 ouderlinge voor die Persoon gekniel soos 'n mens voor 'n koning kniel. Elkeen het 'n harp gehad en goue bakke. Die goue bakke was vol wierook. Die wierook is die gebede van die gelowiges.
DIE OPENBARING 5:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.
DIE OPENBARING 5:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges.
DIE OPENBARING 5:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Hy die boekrol neem, het die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neergeval. Elkeen het 'n lier en 'n goue bak vol reukwerk, wat die gebede van die •heiliges is, vasgehou.
DIE OPENBARING 5:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nadat Hy die boek geneem het, val die vier lewende wesens en vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, met elkeen van hulle siters en goue skale vol reuke, wat die gebede van die heiliges is.
DIE OPENBARING 5:8 Die Boodskap (DB)
Dít het die hemel in beroering gebring! Nie slegs die vier lewende wesens nie, maar ook al 24 leiers van die kerk sak toe uit eerbied en aanbidding op hulle knieë voor die Lam neer. Elkeen van hulle het ’n goue musiekinstrument vasgehou. Hulle het ook goue bakke by hulle gehad. Uit die bakke het daar die lekkerste geur gekom. Ek kon sien dat dit die gebede van die Christene was wat vir almal in die hemel so lekker is om te hoor. Die vier wesens en die leiers van die kerk begin toe die pragtigste lied sing wat ek nog ooit gehoor het.