DIE OPENBARING 6:12-13
DIE OPENBARING 6:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was 'n groot aardbewing; en die son het swart geword soos 'n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos 'n vyeboom wat deur 'n groot wind geskud word, sy navye laat afval
DIE OPENBARING 6:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Toe die Lam die sesde seël van die boekrol breek, sien ek daar is 'n groot aardbewing. Die son het donker geword, soos swart rouklere, en die maan het rooi geword soos bloed. Die sterre in die lug het op die aarde geval. Dit het gelyk soos wanneer 'n sterk wind 'n vyeboom skud en die vye wat nog nie ryp is nie, op die grond val.
DIE OPENBARING 6:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het gesien toe die Lam die sesde seël oopmaak: daar het 'n groot aardbewing gekom. Die son het swart geword soos rouklere, en die maan het heeltemal soos bloed geword. Die sterre aan die hemel het op die aarde geval soos die navye van 'n vyeboom afval as dit deur 'n sterk wind geruk word.
DIE OPENBARING 6:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het gesien toe Hy die sesde seël oopbreek. En daar het 'n groot aardbewing plaasgevind. Die son het swart geword soos 'n harige sak, en die maan het geheel en al soos bloed geword. Ook die sterre het uit die hemelruim op die aarde geval, soos wanneer 'n vyeboom sy groen navye afgooi as dit deur 'n stormwind geruk word.
DIE OPENBARING 6:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was 'n groot aardbewing; en die son het swart geword soos 'n harige sak, en die maan het geword soos bloed; En die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos 'n vyeboom sy ontydige vye gooi as dit geskud word deur 'n geweldige wind.
DIE OPENBARING 6:12-13 Die Boodskap (DB)
Ek sien toe dat die Lam die sesde seël breek. Die aarde het geweldig begin skud en bewe. Asof iemand ’n pikswart doek oor die son gegooi het, het die son se strale verdwyn. Die maan was so ’n rooi kleur, net soos bloed.Sterre het uit die hemel op die aarde gereën. Dit het gelyk soos blare wat in die herfs van ’n boom afval as ’n mens dit kwaai skud.
DIE OPENBARING 6:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het gekyk toe die Lam die sesde seël oopbreek. Daar was ’n groot aardbewing; die son het swart geword soos ’n harige sak, en die hele maan het so rooi soos bloed geword. Die sterre van die hemelruim het op die aarde geval, net soos ’n vyeboom sy groen navye afgooi wanneer dit deur ’n stormwind getref word.