DIE OPENBARING 6:8
DIE OPENBARING 6:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek het gesien, en kyk, daar was 'n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
DIE OPENBARING 6:8 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gekyk en toe sien ek 'n vaal-groen perd kom! Iemand het op die perd gesit. Sy naam was Dood. Die doderyk het saam met hom gegaan. God het vir Dood en vir die doderyk gesê hulle mag 'n kwart van al die mense op die aarde doodmaak met oorloë en honger en pes en wilde diere.
DIE OPENBARING 6:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het gesien: daar was 'n vaal perd. Sy ruiter se naam was Die Dood, en die doderyk het agter hom aan gegaan. Aan hulle is mag oor 'n kwart van die aarde gegee om die mense dood te maak met die swaard en met hongersnood en met pes en deur die wilde diere van die aarde.
DIE OPENBARING 6:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het gesien, en kyk, daar was 'n vaal perd. Sy ruiter se naam is Dood, en die Hades volg hom. Aan hulle is volmag gegee om 'n kwart van die aarde dood te maak deur die swaard, hongersnood, 'n dodelike siekte, en die wilde diere van die aarde.
DIE OPENBARING 6:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het gesien, en daar was 'n vaal perd, en sy naam wat op hom sit, was die dood, en die hel het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en honger en dood en met die wilde diere van die aarde.
DIE OPENBARING 6:8 Die Boodskap (DB)
Hierdie keer het ek ’n perd met so ’n vaal doodskleur aangehardloop sien kom. Die ruiter se naam was “Die Dood”. In sy spore het die hel gevolg. Hy is toegelaat om ’n kwart van die aarde onder sy mag te kry. Daar was dit net moord en doodslag. Wie nie met swaarde doodgekap is nie, is van honger dood. Wie nog oorgebly het, is deur verskriklike siektes afgemaai of deur wilde diere verskeur.
DIE OPENBARING 6:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het gekyk, en werklikwaar, daar staan ’n bleekgrys perd voor my! Sy ruiter se naam was die Dood, en die doderyk het vlak agter hom gevolg. Aan hom is die mag gegee om ’n kwart van die aarde se mense dood te maak deur die swaard, hongersnood, ’n dodelike epidemie en deur die wilde diere van die aarde.