DIE OPENBARING 7:3-4
DIE OPENBARING 7:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
en het vir hulle gesê: “Moenie die land en die see en die bome tref nie. Ons moet eers die dienaars van ons God op hulle voorkoppe merk met die seël.” Ek het die getal gehoor van dié wat gemerk is: daar was honderd vier en veertig duisend. Hulle was uit elke stam van die volk Israel
DIE OPENBARING 7:3-8 Die Boodskap (DB)
“Wag so ’n bietjie. Moenie dat die wind nou al verwoesting saai oor die aarde en die see en die bome omwaai nie. Laat ons eers die mense merk wat God dien. Ons moet die merk van God wat wys dat hulle sy eiendom is, op hulle voorkop sit.” Ek het gehoor hoeveel mense daar was wat gemerk moes word. Daar was 144 000. Hulle het uit elke stam van Israel gekom: 12 000 uit elk van die volgende stamme: Juda, Ruben, Gad, Aser, Naftali, Manasse, Simeon, Levi, Issaskar, Sebulon, Josef en Benjamin.
DIE OPENBARING 7:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
gesê: “Moenie skade doen aan die land of die see of die bome nie, totdat ons die diensknegte van God met ’n seël op hulle voorkoppe gemerk het.” Ek het toe gehoor wat die getal is van dié wat met ’n seël op hulle voorkoppe gemerk is: daar was 144 000 gemerktes, afkomstig uit al die stamme van Israel
DIE OPENBARING 7:3-4 Bybel vir almal (ABA)
en gesê: “Julle moenie nou die aarde en die see en die bome verwoes nie! Julle moet wag totdat ons die mense gemerk het wat vir God dien, ons sal hulle op hulle voorkoppe merk met die seël.” Ek het gehoor hoeveel mense merke gekry het op hulle voorkoppe. Dit was 144 000 mense, en hulle het gekom van elke stam van die Israeliete
DIE OPENBARING 7:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie. En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en-veertigduisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel
DIE OPENBARING 7:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Moenie die land of die see of die bome beskadig, voordat ons die diensknegte van ons God met 'n seël op hulle voorkoppe gemerk het nie. ” Ek het toe gehoor wat die getal is van hulle wat met die seël gemerk is: honderd vier-en-veertigduisend – uit elke stam van die kinders van Israel
DIE OPENBARING 7:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die dienaars van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie. En ek het die getal van die verseëldes gehoor, en honderd vier en veertig duisend verseëldes van al die stamme van die kinders van Israel.