DIE OPENBARING 9:20-21
DIE OPENBARING 9:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Maar die mense wat nie gesterf het van die vuur en die rook en die swael nie, het nie begin lewe soos God wil hê hulle moet lewe nie. Hulle het die duiwels en die afgode aanbid, afgode van goud en silwer en brons en klip en hout, afgode wat nie kan sien of hoor of loop nie! Die mense wat nog lewe, het aangehou om ander mense te vermoor of om te toor of om onsedelik te lewe of om te steel.
DIE OPENBARING 9:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie. En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.
DIE OPENBARING 9:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die ander mense, wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het hulle egter nie bekeer nie. Hulle het aangehou met die aanbidding van bose geeste en van afgode wat hulle self gemaak het van goud, silwer, koper, klip en hout, en wat nie kan sien of hoor of loop nie. Hulle het hulle ook nie daarvan bekeer om moord, towery, onsedelikheid en diefstal te pleeg nie.
DIE OPENBARING 9:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nogtans het die res van die mense, wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, hulle nie bekeer van die werke van hulle hande nie. Hulle het aangehou om die demone te aanbid, en ook die afgode van goud, silwer en koper en van klip en hout, wat nie kan sien of hoor of loop nie. Hulle het hulle dus nie bekeer van hulle moorde, towery, onsedelikheid of stelery nie.
DIE OPENBARING 9:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die res van die manne wat nie deur hierdie plae gedood is nie, het nog nie berou gehad oor die werke van hulle hande nie, om duiwels en afgode van goud en silwer en koper en klip en hout nie te aanbid nie; kan sien, nie hoor of loop nie: Hulle het hulle nie bekeer van hulle moorde, of van hulle towerye, of van hulle hoerery, of van hulle diefstalle nie.
DIE OPENBARING 9:20-21 Die Boodskap (DB)
Die mense wat hierdie plae oorleef het, het jou werklikwaar niks daaruit geleer nie. Hulle het maar net so verkeerd en sondig bly leef. Hulle het hulle nie aan God gesteur nie en glad nie belanggestel om Hom te begin dien nie. Hulle het maar aangehou om allerhande demone te aanbid. Hulle het vir hulle beelde van goud of brons gemaak. As hulle nie goud of sulke dinge gehad het nie, het hulle dit van klip of hout gemaak. Hierdie dooie beelde wat nie eens kon sien of hoor of praat nie, het hulle dan vurig aanbid. Daar was by hulle geen teken te bespeur dat hulle enige plan het om God te dien nie. Hulle het maar met hulle moord en toordery, hulle swak seksuele gedrag en agterbakse bedrog aangegaan asof niks gebeur het nie.
DIE OPENBARING 9:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die oorblywende mense wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het ook nie tot inkeer gekom wat hulle dade betref nie. Hulle het eenvoudig aangehou om die bose geeste te aanbid, asook die afgode van goud, silwer, brons, klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie. Hulle het hulle ook nie bekeer van hulle moorde of hulle toordery, seksuele sondes of stelery nie.