DIE OPENBARING 9:5
DIE OPENBARING 9:5 Bybel vir almal (ABA)
God het gesê hulle mag daardie mense vyf maande lank seermaak, maar hulle mag nie daardie mense doodmaak nie. Wanneer hulle die mense seermaak, dan is dit so seer soos wanneer 'n skerpioen 'n mens steek.
DIE OPENBARING 9:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van 'n skerpioen wanneer hy 'n mens steek.
DIE OPENBARING 9:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle is nie toegelaat om die mense dood te maak nie, maar wel om hulle vyf maande lank te pynig. Die pyn wat hulle veroorsaak, is soos die pyn as 'n skerpioen 'n mens steek.
DIE OPENBARING 9:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle is nie toegelaat om die mense dood te maak nie, maar slegs om hulle vyf maande lank te folter, deur hulle te pynig met 'n brandpyn – soos wanneer 'n skerpioen 'n mens steek.
DIE OPENBARING 9:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En aan hulle is gegee dat hulle hulle nie sou doodmaak nie, maar dat hulle vyf maande gepynig moes word; en hulle pyniging was soos die pyniging van 'n skerpioen wanneer hy 'n mens slaan.