ROMEINE 1:22-23
ROMEINE 1:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Hulle dink hulle is slim, maar hulle doen nie wat God wil hê nie. God is Koning, Hy kan nooit sterf nie, maar hulle dien Hom nie. Hulle kies om afgode te dien, beelde wat lyk soos mense, mense wat sterf, of beelde wat lyk soos voëls of diere of slange.
ROMEINE 1:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
ROMEINE 1:22-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Alhoewel hulle daarop aanspraak maak dat hulle danig slim is, het hulle in werklikheid heeltemal in dwaasheid verval – in so ’n mate dat hulle die verering van die onsterflike God met afgode vervang het wat sterflike mense en voëls en diere en slange uitbeeld.
ROMEINE 1:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas. In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel hulle beelde wat lyk soos 'n verganklike mens of soos voëls of diere of slange.
ROMEINE 1:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Alhoewel hulle beweer dat hulle wys is, het hulle dwaas geword. Hulle het naamlik die heerlikheid van die onsterflike God verruil vir 'n afbeelding soos dié van 'n sterflike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
ROMEINE 1:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword, En het die heerlikheid van die onverganklike God verander in 'n beeld wat gelyk is aan die verganklike mens en aan voëls en viervoetige diere en kruipende diere.
ROMEINE 1:22-23 Die Boodskap (DB)
Tog maak hulle asof hulle verskriklik slim is, al is hulle eintlik dom en sonder insig. Hierdie mense het selfs so ver gegaan om hulle eie gode te maak. Hulle het die voorreg om die ewige God te ken gaan staan en verruil vir ’n spul handgemaakte gode. Nou buig hulle voor dié lewelose afbeeldings van mense, voëls, diere en reptiele.