ROMEINE 12:17-18
ROMEINE 12:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle nie ook slegte dinge aan hulle doen nie. Julle moet goeie dinge doen. Al die mense moet dink dit is goeie dinge. Julle moet baie hard probeer om in vrede te lewe met ander mense.
ROMEINE 12:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
ROMEINE 12:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
ROMEINE 12:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moet niemand kwaad met kwaad vergeld nie, maar rig julle gedagtes op dit wat vir alle mense goed is. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
ROMEINE 12:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vergeld niemand kwaad vir kwaad nie. Verskaf dinge wat eerlik is in die oë van alle mense. As dit moontlik is, so veel as wat in julle lê, leef in vrede met alle mense.
ROMEINE 12:17-18 Die Boodskap (DB)
Moenie net regsit om ander mense in eie munt terug te betaal as hulle iets verkeerds aan julle gedoen het nie. Doen liewer goeie dinge sodat ander mense kan sien dat julle God dien. Doen van julle kant af alles in julle vermoë om in vrede met ander mense te leef.