ROMEINE 15:4
ROMEINE 15:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.
ROMEINE 15:4 Bybel vir almal (ABA)
Want alles wat in die Ou Testament geskryf is, is voorheen geskryf om vir ons te leer, sodat ons kan aanhou glo. Dit is geskryf om ons te help en te bemoedig. Dan sal ons seker weet dat God ons sal red.
ROMEINE 15:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
ROMEINE 15:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Alles wat vroeër opgeteken is, is tog vir ons tot lering opgeteken, sodat ons hoop kan hê deur die volharding en die bemoediging wat ons uit die Skrif ontvang.
ROMEINE 15:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering geskryf, sodat ons deur geduld en vertroosting van die Skrifte hoop kan hê.
ROMEINE 15:4 Die Boodskap (DB)
Alles wat in die Bybel opgeteken is, is neergeskryf om ons te leer. Die Bybel versterk ons geloof en moedig ons aan sodat ons elke dag kan uitsien na die terugkoms van die Here.