ROMEINE 3:10-12
ROMEINE 3:10-12 Bybel vir almal (ABA)
In die Ou Testament is daar geskryf: Niemand doen reg nie, nie een nie. Niemand is verstandig nie, niemand vra wat God wil hê nie. Niemand doen wat God wil hê nie, almal doen verkeerde dinge, nie een mens doen goed nie, niemand nie.
ROMEINE 3:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.
ROMEINE 3:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar staan immers geskrywe: “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie. “Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.
ROMEINE 3:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
soos daar geskryf staan: “Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie; daar is niemand verstandig nie, daar is niemand wat God soek nie. Almal het afgedwaal; saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.”
ROMEINE 3:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, ook nie een nie; Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat na God soek nie. Hulle het almal uit die pad gegaan, saam het hulle nutteloos geword; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.
ROMEINE 3:10-12 Die Boodskap (DB)
Die Bybel stel dit baie duidelik: “Niemand op aarde leef reg nie, niemand nie, niemand probeer om volgens God se wil te leef nie. Almal het die spoor byster geraak. Hulle het in sonde verval. Niemand doen goed nie, nie ’n enkele een nie.
ROMEINE 3:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is soos die Skrif sê: “Niemand is goed nie – selfs nie een nie. Daar is nie een wat verstandig is nie; niemand wat ernstig na God soek nie. Almal het hulle rug op God gekeer; almal het sleg geword. Daar is niemand wat die goeie doen nie – selfs nie een nie.”