ROMEINE 6:6
ROMEINE 6:6 Die Boodskap (DB)
Ons weet mos dat daardie sondige mens wat ons eenmaal was, kant en klaar saam met Jesus gekruisig is.
ROMEINE 6:6 Bybel vir almal (ABA)
Ons weet dat ons ook gekruisig is toe Christus gekruisig is. Ons was mense wat graag sonde gedoen het, maar nou is ons nie meer so nie. Ja, ons is nie meer slawe van die sonde nie
ROMEINE 6:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
ROMEINE 6:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
ROMEINE 6:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit weet ons: dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie.