ROMEINE 6:9 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
ROMEINE 6:9 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.
ROMEINE 6:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.
ROMEINE 6:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ons weet dit omdat Christus uit die dood opgewek is en nooit weer sal sterf nie. Die dood het geen mag meer oor Hom nie.
ROMEINE 6:9 DB (Die Boodskap)
Ons glo dit omdat ons weet dat Jesus, nadat Hy uit die dood opgestaan het, nooit weer sal doodgaan nie. Die dood het nie meer ’n houvas op Hom nie.
ROMEINE 6:9 ABA (Bybel vir almal)
Ja, God het vir Christus weer laat lewe, en ons weet dat Christus nooit weer sal sterf nie, want die dood is nie sterker as Hy nie.
ROMEINE 6:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons weet dat Christus, nadat Hy uit die dood opgewek is, nie weer sterf nie – die dood het nie meer seggenskap oor Hom nie.
ROMEINE 6:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat hy weet dat Christus, wat uit die dode opgewek is, nie meer sterf nie; die dood heers nie meer oor hom nie.