ROMEINE 8:33-34
ROMEINE 8:33-34 Die Boodskap (DB)
Wie kan dit nou nog waag om ’n aanklag teen ons in te bring? Niemand nie! Ons is immers deur God self as sy kinders uitgekies. Boonop het Hy ons van al ons sondes vrygespreek. Wie kan dit nou nog waag om ons te veroordeel? Christus Jesus is mos aan ons kant. Hy is in ons plek dood. God het Hom ook weer lewendig gemaak. Christus het nou die heel belangrikste posisie in die hemel. Daarom kan Hy nou ons saak by God suksesvol verdedig.
ROMEINE 8:33-34 Bybel vir almal (ABA)
God het ons gekies om aan Hom te behoort. Nou kan niemand sê dat ons skuldig is nie, want God het ons vrygespreek. Niemand kan sê God moet ons straf nie, want Christus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe, en nou sit Hy op die belangrikste plek langs God in die hemel en Hy vra vir God om ons sonde te vergewe.
ROMEINE 8:33-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
ROMEINE 8:33-34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.
ROMEINE 8:33-34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie sal die uitverkorenes van God aankla? God is die Een wat •vryspreek! Wie sal ons veroordeel? Dit is •Christus Jesus wat gesterf het; meer nog – wat opgewek is, wat ook aan die regterhand van God sit en wat ook vir ons intree.
ROMEINE 8:33-34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie sal God se uitverkorenes enigiets beskuldig? Dit is God wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Dit is Christus wat gesterf het, ja liewer, wat opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
ROMEINE 8:33-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wie sal dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uitgekies het? God is immers die Een wat ons vryspreek. Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit.