RUT 4:14
RUT 4:14 Bybel vir almal (ABA)
Die vroue het vir Naomi gesê: “Ons prys die Here wat iemand gegee het wat jou nou kan help. Ons bid dat hierdie kind 'n belangrike man sal word in die volk Israel.
Deel
Lees RUT 4RUT 4:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê die vroue vir Naómi: Geloofd sy die HERE wat aan jou vandag 'n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel geroem word!
Deel
Lees RUT 4RUT 4:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die vrouens sê toe vir Naomi: “Aan die Here kom die lof toe omdat Hy vandag vir jou 'n losser gegee het. Mag die losser se naam bekend wees in Israel
Deel
Lees RUT 4RUT 4:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vroue het vir Naomi gesê: “Die HERE moet geprys word! Hy het jou vandag nie sonder 'n losser gelaat nie. Mag dié losser beroemd wees in Israel.
Deel
Lees RUT 4RUT 4:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die vroue vir Naomi: Geloofd sy die HERE wat jou vandag nie sonder 'n bloedverwant gelaat het nie, sodat sy naam beroemd kan word in Israel.
Deel
Lees RUT 4