RUT 4:17-22 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
RUT 4:17-22 AFR83 (Afrikaans 1983)
Haar buurvroue het die seuntjie toe 'n naam gegee. Hulle het hom Obed genoem en gesê: “'n Seun is vir Naomi gebore.” Obed was die voorvader van Dawid. Hier is nou die geslagsregister van Peres: Peres was die vader van Gesron, Gesron van Ram, Ram van Amminadab, Amminadab van Nagson, Nagson van Salmon, Salmon van Boas, Boas van Obed, Obed van Isai, en Isai was die vader van Dawid.
RUT 4:17-22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die buurvroue het hom 'n naam gegee en gesê: Vir Naómi is 'n seun gebore! En hulle het hom genoem Obed; hy was die vader van Ísai, die vader van Dawid. En dit is die stamboom van Peres: Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram, en Ram van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, en Nagson van Salma, en Salmon van Boas, en Boas van Obed, en Obed van Ísai, en Ísai van Dawid.
RUT 4:17-22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die buurvroue het hom Obed genoem. Hulle het gesê: “Daar is ’n seun vir Naomi gebore.” Hy het die pa geword van Isai en die oupa van Dawid. Hier volg nou die stamboom van Peres: Peres was die vader van Gesron. Gesron was die vader van Ram. Ram was die vader van Amminadab. Amminadab was die vader van Nagson. Nagson was die vader van Salmon. Salmon was die vader van Boas. Boas was die vader van Obed. Obed was die vader van Isai. Isai was die vader van Dawid.
RUT 4:17-22 DB (Die Boodskap)
Die buurvroue het toe gesê: “Uiteindelik het Naomi weer ’n seun!” Die kind se naam was Obed. Obed was Isai se pa en Dawid se oupa. Van Peres af lyk hulle familie so: Peres was Gesron se pa. Gesron se seun was Ram en hy was die pa van Amminadab. Amminadab het ’n seun gehad met die naam Nagson en Nagson was die pa van Salmon. Salmon was Boas se pa en hy was weer Obed se pa. Obed was Isai se pa en Isai se seun was Dawid.
RUT 4:17-22 ABA (Bybel vir almal)
Die buurvroue het vir die seun 'n naam gegee. Hulle het gesê: “Naomi het nou 'n kind,” en hulle het hom Obed genoem. Obed was die pa van Isai, en Isai was die pa van Dawid. Hier is 'n lys van die nageslag van Peres: Peres was die pa van Gesron, Gesron was die pa van Ram, Ram was die pa van Amminadab, Amminadab was die pa van Nagson, Nagson was die pa van Salma, Salma was die pa van Boas, Boas was die pa van Obed, Obed was die pa van Isai, en Isai was die pa van Dawid.
RUT 4:17-22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die buurvroue het vir hom 'n naam gegee. Hulle het gesê: “'n Seun is vir Naomi gebore”, en hom toe Obed genoem. Obed was die vader van Isai, en Isai die vader van Dawid. Hier volg die geslagsregister van Peres: Peres het Gesron verwek Gesron het Ram verwek Ram het Amminadab verwek Amminadab het Nagson verwek Nagson het Salmon verwek Salmon het Boas verwek Boas het Obed verwek Obed het Isai verwek Isai het Dawid verwek.
RUT 4:17-22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die vroue, haar bure, het dit 'n naam gegee en gesê: Daar is 'n seun gebore vir Naomi; en hulle het hom Obed genoem. Hy is die vader van Isai, die vader van Dawid. En dit is die geslagte van Peres: Peres was die vader van Hesron, En Hesron was die vader van Ram, en Ram van Amminadab, En Amminadab was die vader van Nagson, en Nagson van Salmon, En Salmon was die vader van Boas, en Boas van Obed, En Obed was die vader van Isai, en Isai van Dawid.