TITUS 1:15
TITUS 1:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vir die reines is alles rein, maar vir die wat besoedel en ongelowige is, is niks rein nie; maar selfs hulle verstand en gewete is besoedel.
TITUS 1:15 Bybel vir almal (ABA)
Alles is rein vir mense wat net vir God dien. Maar party mense dink verkeerde dinge, hulle gedagtes is vuil van die sonde, en hulle glo nie in Christus nie, niks is rein vir hulle nie. Hulle kan nie reg dink nie en hulle weet nie wat is reg of verkeerd nie, want die sonde het alles wat hulle dink, vuil laat word.
TITUS 1:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.
TITUS 1:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle gewete is besoedel.
TITUS 1:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Alles is rein vir dié wat rein is, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie: sowel hulle denke as hulle gewete is besoedel.
TITUS 1:15 Die Boodskap (DB)
As die Here ’n mens vrygemaak het, hoef jy nie meer al die wette en reëls van daardie mense te gehoorsaam nie. Hierdie mense en ander ongelowiges is die gevangenes van hulle selfgemaakte “godsdiens”. Hulle kom dit nie eens agter nie, want hulle gedagtes is in die mag van die sonde. Hulle sondige geaardheid maak dat hulle verkeerd dink.