TITUS 1:9
TITUS 1:9 Die Boodskap (DB)
Die Here se Woord waarin hy self onderrig is, moet die anker van sy lewe wees. Dan kan hy hierdie betroubare kennis gebruik om ander gelowiges moed in te praat en te troos. Maar hy moet hierdie kennis ook gebruik om mense wat vals leerstellings verkondig te wys dat hulle verkeerd is.
TITUS 1:9 Bybel vir almal (ABA)
'n Ouderling moet aanhou om die boodskap te glo, die boodskap wat waar is en wat dieselfde is as die boodskap wat die apostels vir hom geleer het. Dan sal hy vir mense kan bemoedig. En wanneer mense ander dinge sê as die dinge wat ons vir hulle geleer het, dan sal hy ook vir hulle kan sê dat hulle verkeerd is.
TITUS 1:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.
TITUS 1:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy moet vashou aan die betroubare woord waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê.
TITUS 1:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy moet hom hou aan die betroubare woord, in ooreenstemming met die lering, sodat hy deur die gesonde leer kan bemoedig, en ook hulle wat dit teengaan, verkeerd kan bewys.