TITUS 3:1-2
TITUS 3:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.
TITUS 3:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet vir die gelowiges sê dat hulle moet onthou om te luister na almal wat oor hulle regeer, hulle moet gehoorsaam wees. Hulle moet altyd gereed wees om goeie dinge te doen. Hulle moenie slegte dinge sê oor iemand nie en hulle moenie daarvan hou om te baklei nie. Hulle moet vriendelik wees en hulle harte moet vol liefde wees vir al die mense.
TITUS 3:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HERINNER hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk; om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.
TITUS 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Herinner hulle daaraan om aan die owerheid en alle gesag onderdanig te wees, om gehoorsaam te wees en bereid tot elke goeie werk, niemand te belaster nie, om nie bakleierig te wees nie, maar vriendelik, en om ware sagmoedigheid te betoon aan alle mense.
TITUS 3:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Stel hulle in gedagte om aan owerhede en magte onderworpe te wees, om magistrate gehoorsaam te wees, gereed te wees tot elke goeie werk, Om van niemand kwaad te praat nie, om geen bakleiery te wees nie, maar sagmoedig, om alle sagmoedigheid aan alle mense te bewys.
TITUS 3:1-2 Die Boodskap (DB)
Sê baie duidelik vir die gelowiges om te luister na alles wat die owerhede sê. Hulle mag nie in opstand kom teen mense wat in leiersposisies is nie. Hulle moet ook elke kans aangryp wat hulle kry om goed te doen. Leer hulle ook om nie van ander mense sleg te praat nie. Hulle moenie moeilikheid soek nie. Nee, hulle moet vriendelik en sensitief wees. Hulle moet met deernis teenoor almal optree.
TITUS 3:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Herinner die mense om hulle aan die regeerders en gesagsinstansies te onderwerp. Hulle moet aan hulle gehoorsaam wees, altyd gereed om te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie bakleierig wees nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd saggeaard teenoor almal optree.