SAGARIA 1:1
SAGARIA 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die agste maand van die tweede regeringsjaar van Darius het die woord van die Here gekom tot die profeet Sagaria seun van Berekja, seun van Iddo
SAGARIA 1:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gedurende die middel van herfs, in die tweede jaar van koning Darius se regering, het die HERE hierdie boodskap aan die profeet Sagaria, die seun van Berekja, die kleinseun van Iddo, gegee.
SAGARIA 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het met die profeet Sagaria gepraat. Dit was in die tweede jaar nadat Darius koning geword het, in die agste maand. Sagaria was die seun van Berekja en Berekja was die seun van Iddo.
SAGARIA 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN die agtste maand, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE gekom tot Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, die profeet, en gesê
SAGARIA 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die tweede regeringsjaar van koning Darius, in die agtste maand, het die woord van die HERE gekom tot die profeet Sagaria, seun van Beregja en kleinseun van Iddo
SAGARIA 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die agtste maand, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE gekom tot Sagaria, die seun van Berégja, die seun van die profeet Iddo, en gesê
SAGARIA 1:1 Die Boodskap (DB)
In die agtste maand van die tweede jaar wat Darius koning was (dit is 520 v.C.), het die Here vir Sagaria gevra om vir sy mense ’n paar belangrike dinge te gaan sê. Hy was ’n profeet wat vir die Here gewerk het. Sy pa se naam was Berekja en sy oupa was Iddo.