SAGARIA 9:10
SAGARIA 9:10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die strydwaens van Efraim sal Ek vernietig, en ook die oorlogsperde in Jerusalem. Al die wapens vir oorlog sal Ek vernietig. Jou koning sal vir die nasies vrede bring. Sy ryk sal strek van see tot see, van die Eufraatrivier af tot aan die uithoeke van die aarde.
SAGARIA 9:10 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal die oorlogkarre verwoes en die perde doodmaak. Ek sal die pyl en boog stukkend breek, die mense van Efraim en Jerusalem maak oorlog daarmee. Dan sal die koning vrede maak met die ander volke. Hy sal oor hulle regeer, van die een see tot by die ander see, van die Eufraat-rivier en verder, oor die hele aarde.”
SAGARIA 9:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal die strydwaens uit Efraim en die perde uit Jerusalem uitroei, en die strydboog sal vernietig word. Dan sal Hy aan die nasies vrede verkondig, en sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Eufraat tot aan die eindes van die aarde.
SAGARIA 9:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal die strydwaens in Efraim vernietig, die perde uit Jerusalem uitroei. Die pyl en boog waarmee oorlog gemaak word, sal gebreek word. Die koning sal vrede vir die nasies afkondig en hy sal regeer van see tot see, van die Eufraat af tot in die uithoeke van die aarde.
SAGARIA 9:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal die strydwaens uit Efraim verdelg en die perde uit Jerusalem; ook die strydboog sal verwoes word. Hy sal vrede aan die nasies verkondig. Sy ryk sal van see tot see strek, en van die Rivier tot aan die uithoeke van die aarde.
SAGARIA 9:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal die strydwa uit Efraim uitroei en die perd uit Jerusalem, en die gevegsboog sal uitgeroei word; en hy sal vrede tot die nasies spreek; en sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Nyl tot aan die eindes van die aarde.
SAGARIA 9:10 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: “Ek sal al die goed wegmaak wat hulle in Israel en in Jerusalem gebruik om mee oorlog te maak. Dit is dinge soos strydwaens, perde en pyle en boë. Ek sal dit alles vernietig. Julle koning sal ook vir die nasies vrede bring. Hy sal van die een see tot die ander see, van die Eufraatrivier tot by die einde van die aarde, koning wees.”