SAGARIA 9:12 - Compare All Versions
SAGARIA 9:12 ABA (Bybel vir almal)
Ek sal vir hulle sê: ‘Julle wat aangehou hoop het dat Ek julle sal help, julle kan nou uitkom, julle kan terugkom na julle stad wat die sterk mure het.’ Nog meer, Ek belowe vandag dat Ek vir my volk twee maal meer sal gee as wat hulle gehad het.
SAGARIA 9:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Keer terug na die vesting, o hoopvolle gevangenes! Ook kondig Ek vandag aan dat Ek jou dubbel sal vergoed.
SAGARIA 9:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
Kom terug na die vestingstad toe, gevangenes wat nou hoop het! Ek verseker jou vandag: Ek gee jou twee maal soveel as wat jy gehad het.
SAGARIA 9:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle hoopvolle gevangenes, keer terug na die vesting! Verder maak Ek vandag bekend: Ek sal jou dubbeld beloon.
SAGARIA 9:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Bekeer julle na die bergvesting, gevangenes van hoop; vandag verkondig ek dat Ek julle dubbel sal vergeld
SAGARIA 9:12 DB (Die Boodskap)
Daar is hoop vir julle wat gevang en uit julle land weggevat is. Kom terug na julle land toe sodat julle veilig kan wees! Ek belowe julle vandag dat Ek julle dubbel soveel sal gee as wat julle vroeër gehad het.
SAGARIA 9:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Keer terug na die vesting toe, gevangenes vol hoop! Ek belowe dat Ek julle dubbel sal vergoed vir al julle swaarkry.