Soekresultate
HANDELINGE 2:24 (AFR83)
Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou.
RIGTERS 5:18 (AFR83)
Sebulon was nie bang vir die dood nie en Naftali het die dood getrotseer op die hoogland.
FILIPPENSE 2:8 (AFR83)
het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.
NUMERI 35:28 (AFR83)
Die man wat die dood veroorsaak het, moet in die asielstad bly tot die dood van die hoëpriester, en eers ná die dood van die hoëpriester kan hy na sy eie grond toe teruggaan.
ROMEINE 6:9 (AFR83)
Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.
NUMERI 35:24 (AFR83)
moet die bevoegde vergadering volgens hierdie bepalings uitspraak lewer tussen hom wat die dood veroorsaak het en die bloedverwant wat die dood wil wreek.
HANDELINGE 13:30 (AFR83)
Maar God het Hom uit die dood opgewek.
DIE OPENBARING 9:6 (AFR83)
In daardie tyd sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; hulle sal verlang om te sterwe, maar die dood sal hulle ontwyk.
1 KORINTIËRS 15:26 (AFR83)
Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
1 JOHANNES 3:14 (AFR83)
Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood.
MATTEUS 26:66 (AFR83)
Wat dink julle?” Hulle het geantwoord: “Hy verdien die dood!”
SPREUKE 1:12 (AFR83)
kom ons laat mense verdwyn soos die dood dit doen, ons maak gesonde mense dood!
ROMEINE 5:12 (AFR83)
Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.
JOHANNES 11:23 (AFR83)
Jesus sê toe vir haar: “Jou broer sal uit die dood opstaan.”
HABAKUK 3:5 (AFR83)
Voor Hom uit gaan die pes, in sy voetstappe volg die dood.
SPREUKE 23:14 (AFR83)
Jy moet hom juis slaan om hom van die dood te red.
2 KONINGS 1:1 (AFR83)
Na die dood van Agab het Moab in opstand gekom teen Israel.
DIE OPENBARING 20:14 (AFR83)
Toe is die dood en die doderyk in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood, die vuurpoel.
1 JOHANNES 5:16 (AFR83)
As iemand sy broer sonde sien doen wat nie tot die dood lei nie, moet hy bid en God sal die broer die ewige lewe gee. Dit geld dié wat sonde doen wat nie tot die dood lei nie. Daar is sonde wat tot die dood lei; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
PSALMS 94:21 (AFR83)
Hulle span saam teen die regverdige, hulle veroordeel onskuldige mense tot die dood.
PSALMS 18:5 (AFR83)
Bande van die dood het my omsluit, strome van onheil het my verskrik.
PSALMS 49:10 (AFR83)
dat hy vir altyd sal lewe en die dood nooit sal smaak nie.
PSALMS 107:18 (AFR83)
Alle kos het hulle laat walg, en hulle het by die dood omgedraai,
PSALMS 102:21 (AFR83)
die gekerm van die gevangenes gehoor en dié wat naby die dood was, bevry.
HANDELINGE 2:32 (AFR83)
“God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies.