Soekresultate

1 JOHANNES 5:12 (AFR83)

Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.

JOHANNES 5:26 (AFR83)

Soos die Vader die lewe in Homself het, het Hy die lewe ook aan die Seun gegee om dit in Homself te hê.

PSALMS 89:48 (AFR83)

Dink tog daaraan hoe kort die lewe is, hoe min daar in die lewe is vir al die mense wat deur U geskep is.

PSALMS 36:10 (AFR83)

U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.

PREDIKER 9:9 (AFR83)

Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld.

JOHANNES 1:4 (AFR83)

In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.

LEVITIKUS 26:7 (AFR83)

Julle sal julle vyande verdryf en om die lewe bring.

PSALMS 34:13 (AFR83)

As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet,

PSALMS 119:56 (AFR83)

Om u bevele uit te voer, is vir my die lewe.

LUKAS 12:23 (AFR83)

Die lewe is tog belangriker as kos en die liggaam as klere.

SPREUKE 16:17 (AFR83)

Opregte mense vermy die kwaad op hulle lewensweg; wie nougeset lewe, hou homself in die lewe.

SPREUKE 10:16 (AFR83)

Die regverdige ontvang die lewe as beloning; die goddelose oes net straf.

DEUTERONOMIUM 30:19 (AFR83)

Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.

PREDIKER 10:19 (AFR83)

Eet bring plesier, wyn vrolik die lewe op, maar alles kos geld.

DEUTERONOMIUM 12:23 (AFR83)

Julle moet net sorg dat julle nie die bloed eet nie, want die lewe van 'n dier is in sy bloed, en julle mag nie die lewe saam met die vleis eet nie.

JOSUA 24:31 (AFR83)

Israel het die Here bly dien tydens die lewe van Josua en tydens die lewe van die leiers wat vir Josua oorleef het en alles ervaar het wat die Here vir Israel gedoen het.

SPREUKE 30:21 (AFR83)

Daar is drie, nee, vier wat die lewe ondraaglik maak, wat onuitstaanbaar is:

PSALMS 119:107 (AFR83)

Ek ly swaar, Here, hou my in die lewe, soos U beloof het.

LEVITIKUS 23:30 (AFR83)

en Ek sal elkeen wat op hierdie dag werk, om die lewe bring.

KLAAGLIEDERE 3:15 (AFR83)

Hy het my bitter dinge laat sluk, die lewe vir my galbitter gemaak.

1 JOHANNES 5:11 (AFR83)

En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun.

SPREUKE 8:35 (AFR83)

Wie my vind, vind die lewe self en geniet die guns van die Here.

KOLOSSENSE 3:19 (AFR83)

Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie.

JOB 21:7 (AFR83)

Waarom bly die goddeloses aan die lewe, word hulle oud en ryk en vernaam?

2 KONINGS 8:5 (AFR83)

Terwyl hy vir die koning vertel van die dooie vir wie Elisa in die lewe teruggebring het, kom die vrou wie se seun hy in die lewe teruggebring het, juis by die koning pleit vir haar huis en haar grond. Gehasi sê toe: “U Majesteit, dit is die vrou hierdie, en dit is haar seun vir wie Elisa in die lewe teruggebring het.”