1
PREDIKER 2:26
Nuwe Lewende Vertaling
God gee wysheid, kennis en blydskap vir die mens wat Hom vreugde bring. Maar van die dwaas eis Hy om rykdom op te gaar en bymekaar te maak, net om dit te gee aan iemand met wie God tevrede is. Dit is ook sinloos, ’n blote gejaag na wind!
Compare
Explore PREDIKER 2:26
2
PREDIKER 2:24-25
Daar is vir die mens niks goeds behalwe dat hy kan eet en drink en ten spyte van sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het besef dit is ’n gawe wat uit God se hand kom. Want wie kan sonder Hom enigiets eet of geniet?
Explore PREDIKER 2:24-25
3
PREDIKER 2:11
Ek het daarna egter nagedink oor alles wat ek bereik het, oor al die moeite wat ek gedoen het. Ek het besef hoe sinloos dit alles is. Dis niks anders as ’n gejaag na wind nie. Daar is geen voordeel onder die son nie.
Explore PREDIKER 2:11
4
PREDIKER 2:10
Alles wat my oë begeer het, het ek my nie ontsê nie. Ek het my nie teruggehou van enige plesier nie. Ek het genot gevind in my harde werk. Dit was my beloning vir al my inspanning.
Explore PREDIKER 2:10
5
PREDIKER 2:13
Ek het wel gesien dat wysheid meer waarde het as dwaasheid, net soos lig beter is as donkerte.
Explore PREDIKER 2:13
6
PREDIKER 2:14
Want wyse mense kan sien waar hulle gaan, terwyl die dwaas in die donker loop. Maar tog het ek besef dieselfde lot tref sowel wyses as dwase.
Explore PREDIKER 2:14
7
PREDIKER 2:21
Want ’n mens wat met wysheid en bekwaamheid gewerk het, moet sy besittings oorgee aan iemand wat nie daarvoor gewerk het nie. Dis alles sinloos en vrugteloos!
Explore PREDIKER 2:21
Home
Bible
Plans
Videos