1
SPREUKE 22:6
Nuwe Lewende Vertaling
Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.
Compare
Explore SPREUKE 22:6
2
SPREUKE 22:4
Iemand wat nederig is en respek het vir die HERE, kry rykdom, eer en lewe.
Explore SPREUKE 22:4
3
SPREUKE 22:1
Soek eerder na ’n goeie naam as na groot rykdom. Hoë aansien is beter as silwer of goud.
Explore SPREUKE 22:1
4
SPREUKE 22:24
Moenie vriende maak met ’n humeurige mens nie. Bly ver weg van een wat ongeduldig is.
Explore SPREUKE 22:24
5
SPREUKE 22:9
’n Vrygewige man wat van sy kos vir armes gee, sal geseën word.
Explore SPREUKE 22:9
6
SPREUKE 22:3
Iemand wat verstandig is, sien wanneer die onheil kom en kruip weg. Die onervare mens loop oopoë daarin vas en boet daarvoor.
Explore SPREUKE 22:3
7
SPREUKE 22:7
Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen die slaaf van die man by wie hy leen.
Explore SPREUKE 22:7
8
SPREUKE 22:2
Vir mense, ryk en arm, is dit dieselfde: die HERE het hulle almal gemaak.
Explore SPREUKE 22:2
9
SPREUKE 22:22-23
Moenie ’n arm mens uitbuit net omdat hy arm is nie. Moenie die hulpelose in hofsake uitbuit nie. Die HERE sal hulle saak verdedig. Hy sal mense wat hulle beroof, weer van húlle lewe beroof.
Explore SPREUKE 22:22-23
Home
Bible
Plans
Videos