YouVersion Logo
Search Icon

ESRA 10

10
Die volk erken hulle sonde
1Esra het voor die tempel van God op die grond geval en gehuil terwyl hy bid en hulle sondes bely. ’n Groot groep mans, vroue en kinders van Israel het saamgekom en hardop saam met hom gehuil.
2Sekanja seun van Jegiël, uit die familie van Elam het gereageer en gesê: “Ons bely dat ons aan ons God ontrou was, ons het met hierdie vreemde vroue van die land getrou. Maar daar is tog nog hoop vir Israel. 3Kom ons maak nou ’n verbond met ons God dat ons hierdie vroue en hulle kinders sal wegstuur. Ons sal u en die persone wat ons God se bevele respekteer se raad volg. Ons sal u raad gehoorsaam. 4Staan op! Die aangeleentheid is nou u verantwoordelikheid! Skep moed en doen wat u moet doen, ons sal met u saamwerk.”
5Esra het opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en die hele Israel ’n eed laat neem dat hulle sal doen wat hulle onderneem het. Hulle het toe die eed geneem.
6Esra het opgestaan en van die tempel van God af weggegaan na Joganan seun van Eljasib se kamer toe. Hy het geen brood geëet of water gedrink terwyl hy daar was nie, want hy het nog steeds oor die ontrouheid van die teruggekeerde ballinge getreur.
7’n Aankondiging is toe deur die hele Juda en Jerusalem gemaak dat al die ballinge wat teruggekom het, na Jerusalem toe moet kom.
8Die amptenare en die oudstes het ’n besluit geneem oor hierdie aankondiging. As mense hulle in drie dae nie hieraan steur nie, sal hulle hulle eiendom verloor en uit die gemeenskap van die ballinge gestoot word.
9Al die mense van Juda en Benjamin het binne drie dae in Jerusalem byeengekom. Dit was op 19 Desember#10:9 Grondteks op die twintigste dag van die negende maand.. Al die mense het op die oop plein voor die tempel van God gesit. Hulle het van spanning gesit en bewe, maar ook omdat dit hard gereën het. 10Die priester Esra staan toe op en sê vir hulle: “Julle was ontrou deur met vreemde vroue te trou. Daardeur het julle Israel se skuld nog meer gemaak. 11Bely teenoor die Here, die God van julle voorouers, en doen wat Hy wil hê julle moet doen. Maak julle los van die mense van die land en van hierdie vreemde vroue.”
12Die hele groep mense wat bymekaar was, het hardop uitgeroep: “Dit is goed, ons sal doen wat u sê! 13Maar u moet besef dat baie mense van die volk betrokke is by hierdie groot oortreding wat ons begaan het. Dit is nie ’n aangeleentheid wat in ’n dag of twee opgelos kan word nie. Boonop is dit die reënseisoen, ons kan nie so onbeskut bly staan nie.
14“Laat ons leiers namens ons almal optree. Elkeen van ons wat ’n vreemde vrou het, kan dan op ’n vasgestelde tyd saam met die oudstes en regters van elke stad kom. Ons kan dit aanhou doen totdat ons God se verskriklike woede teenoor ons oor hierdie aangeleentheid bedaar.”
15Net Jonatan seun van Asael, en Jagseja seun van Tikwa was teen hierdie reëling gekant. Hulle het ook van Mesullam en die Leviet Sabbetai steun gekry.
16Die teruggekeerde ballinge het toe so gemaak. Esra het as priester manne uit die familiehoofde gekies en hulle name opgeskryf. Hulle het op 29 Desember bymekaargekom en die sake begin aanhoor. 17Eers op 27 Maart van die volgende jaar het hulle met al die gevalle van mans wat met heidense vroue getrou het, klaargemaak.
Die mans wat ondertrou het
18Hier volg die lys van priesters wat met heidense vroue getrou het: Uit die familie van Jesua seun van Josadak en sy ampsgenote, was daar Maäseja, Eliëser, Jarib en Gedalja. 19Hulle het onderneem om van hulle vroue te skei en het ’n ram as versoeningsoffer vir hulle misdaad teen God geoffer.
20Uit die familie van Immer: Ganani en Sebadja.
21Uit die familie van Garim: Maäseja, Elia, Semaja, Jegiël en Usija.
22Uit die familie van Pasgur: Eljoënai, Maäseja, Ismael, Netanel, Josabad en Elasa.
23Uit die Leviete: Josabad, Simeï, Kelaja, ook Kelita genoem, Petagja, Juda en Eliëser.
24Uit die sangers: Eljasib.
Uit die poortwagte: Sallum, Telem en Uri.
25Onder die ander Israeliete: Uit die Parosfamilie: Ramja, Jissija, Malkija, Mijamin, Eleasar, Malkija en Benaja.
26Uit die Elamfamilie: Mattanja, Sagaria, Jegiël, Abdi, Jeremot en Elia.
27Uit die Sattufamilie: Eljoënai, Eljasib, Mattanja, Jeremot, Sabad en Asisa.
28Uit die Bebaifamilie: Joganan, Gananja, Sabbai en Atlai.
29Uit die Banifamilie: Mesullam, Malluk, Adaja, Jasub en Seal-Jeremot.
30Uit die Pagat-Moabfamilie: Adna, Kelal, Benaja, Maäseja, Mattanja, Besaleël, Binnuï en Manasse.
31Uit die Garimfamilie: Eliëser, Jissija, Malkija, Semaja, Simon, 32Benjamin, Malluk en Semarja.
33Uit die Gasumfamilie: Mattenai, Mattatta, Sabad, Elifelet, Jeremai, Manasse en Simi.
34Uit die Banifamilie: Maädai, Amram, Uel, 35Benaja, Bedja, Keluhi, 36Wanja, Meremot, Eljasib, 37Mattanja, Mattenai en Jaäsai.
38Uit die BinnuĂŻfamilie: Simi, 39Selemja, Natan, Adaja, 40Maknadbai, Sasai, Sarai, 41Asarel, Selemja, Semarja, 42Sallum, Amarja en Josef.
43Uit die Nebofamilie: Jeïel, Mattitja, Sabad, Sebina, Jaddai, Joël en Benaja.
44Al dié mense was met vreemde vroue getroud, en sommige het ook kinders by die vroue gehad.

Currently Selected:

ESRA 10: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in