YouVersion Logo
Search Icon

Jeremia 24

24
Die goeie vye en die slegte vye
1Die Here het vir my iets gewys. Daar was twee mandjies vye voor die tempel. Mense het die vye na die tempel gebring. Dit was nadat koning Nebukadnesar van Babel vir koning Jojagin van Juda saam met die amptenare en die ambagsmanne weggevat het uit Jerusalem na Babel. Koning Jojagin was die seun van Jojakim. 2Die een mandjie se vye was baie goed, so goed soos vroeë vye. Maar die ander mandjie se vye was baie sleg. Dit was so sleg dat 'n mens dit nie kon eet nie. 3Die Here het vir my gevra: “Jeremia, wat sien jy?” en ek het gesê: “Ek sien vye. Die goeie vye is baie goed en die slegte vye is baie sleg, so sleg dat 'n mens dit nie kan eet nie.”
4Toe hoor ek die Here sê vir my: 5“Dit sê die Here, die God van Israel: Die mense van Juda sal vir My wees soos hierdie goeie vye. Ek het hulle van hierdie plek weggestuur toe die vyande hulle gevang en weggevat het na Galdeër-land. 6Ek sal hulle oppas en hulle sal aan My behoort. Ek sal hulle terugbring na hierdie land. Ek sal hulle bou, Ek sal hulle nie afbreek nie. Ek sal hulle plant, Ek sal hulle nie uittrek nie. 7Ek sal hulle harte verander sodat hulle My kan ken, want Ek is die Here. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees, want hulle sal na My toe terugkom met hulle hele hart. 8Maar soos die slegte vye wat 'n mens nie kan eet nie, so sal koning Sedekia van Juda vir My wees, hy en sy amptenare en die mense wat nog lewe hier in Jerusalem en in hierdie land, hulle en die mense wat in Egipte woon. 9Dit sal sleg gaan met Sedekia en sy mense in al die lande waarnatoe Ek hulle sal wegjaag. Die ander mense sal met hulle maak wat hulle wil, die mense sal hulle name gebruik om ander mense sleg te sê en hulle te vervloek. 10Maar voordat Sedekia en sy mense hier weggaan, sal Ek oorlog en honger en siektes stuur totdat daar nie meer mense is in die land wat Ek vir hulle en hulle voorvaders gegee het nie.”

Currently Selected:

Jeremia 24: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Jeremia 24